Bietjie meer oor HARK & Johan
HARK is ‘n
unieke besigheid wat speifieke persoon gesentreerde trauma berading en
emosionele ondersteuning bied.
Johan Kloppers,
eienaar beskik oor meer as tien (10) jaar se ondervinding in trauma berading;
gefokus op persone geraak deur geweldsmisdaad en was hy al betrokke by meer as
300 plaasaanvalle en meer as 200 geweldsmisdade.
Johan is ‘n
geregistreerde Trauma berader by die Council
for Pastoral and Spiritual Counsellors (CPSC) met registrasie nommer:
• P00803
Johan se
agtergrond, kennnis en ondervinding in die ondersoek veld, met meer as 30 jaar
ondersoek ondervinding en ook kennis van die regsproses het te weeg gebring dat
hy die nood waargeneem het waar mense geraak deur hierdie gruwelike misdade
geen kennis of ondervinding het wanneer hulle genoodsaak word om ook deur ‘n
regsproses te gaan en waartydens hulle
sekondere trauma kan en gaan beleef.
Hieronder is
slegs twee insidente waarby hy betrokke was, net om die omvang en die
emosionele trauma wat geliefdes deurgaan na ‘n brutale misdaad plaasgevind het.
Plaasmoord,
Noord Wes
‘n Boer van
Noord Wes was aangeval deur ses to sewe verdagte op sy plaas en ses keer
geskiet, terwyl sy vrou in vrees binne die huis geskuil het. Die boer kon
terugkeer na die huis en in mekaar gesak en in ‘n koma verval – hy het na paar
dae aan sy wonde beswyk. Johan het die
begrafnis bygewoon en ook behulpsaam gewees om die vrou en ‘n mede getuie se
verklarings op te stel. Arrestasies was uitgevoer en ‘n lang hofstryd het begin
– na 4 jaar en 6 maande met twee en sestig (62) keer het een van 7 beskuldigdes
skuldig gepleit en gevonnis; die ander ses beskuldigdes was gedeporteer. Tydens
die hofsaak is die weduwee en familie ondersteun en ook voorbereiding verskaf
aangesien sy moes getuig en geen ondervinding van die regsproses of die hof
gehad het nie. Na twee jaar later was een van die verdagtes doodgeskiet nadat
hy onwettig terug gekeer het na Suid Afrika – Johan moes saam met speurders
alle inligting opvolg en bevestig dat die verdagte wel een van die beskuldigde
was en kon hierdie inligting aan die weduwee en familie oordra.
Plaasmoord,
Gauteng
‘n Boervrou was
oorval terwyl sy alleen tuis was; aangerand, vasgebind en in die badkamer
toegesluit – haar man was oorval met sy tuiskoms; aangerand en vasgebind. Die
verdagtes het die huis deurgesoek en later die toneel verlaat. Die vrou was 2
dae toeesluit in die badkamer, voordat sy kon uitbreek en haar man was heeltyd
vasgebind – nadat hulp ge-ariveer het, was hulle afgevoer na ‘n hospitaal waar
die man oorlede is. Johan het die dame en familie oor die feestyd besoek en die
seerpad saam met hulle begin stap. Verdagtes was later ge-arresteer en het die
hoofstuk wat in die hof moes afspeel het begin – die dame en familie was ondersteun
voor, tydens en na die hofsaak – die dame en seun moes getuig en ontlonting na
die hofdae was baie nodig. Die beskuldigdes was skuldig bevind en gevonnis en
die seer hoofstuk kon afgesluit word.
Persone geraak
deur hierdie tipe geweldsmisdaad is nie voorberei vir dit wat hierna kan volg
nie; en kan insluit die volgende:
ü Afneem van ‘n verklaring – mense weet nie hoe dit
saamgestel moet word en die regte wat ‘n persoon het om dit te doen nie;
ü Uitkenningsparade van verdagtes – die proses is onbekend
en ook traumaties;
ü Borg aansoek – persone verstaan nie hierdie proses
nie;
ü Hofbywoning – die regsproses is nie duidelik nie en
ook baie traumaties;
ü Getuienis lewering – persone word soms genoodsaak om
self te getuig in ‘n saak waarby hulle self slagoffers of getuies was; hierdie
proses is baie traumaties; en
ü Opstel van slagoffer impak verslae – slagoffers is
geregtig om hierdie verslag te voltooi en dit word as bewysstuk ingelees met
vonnis.
Behoefte
Persone geraak
deur bogenoemde beskik nie altyd oor die nodige kennis om bogenoemde aksies
behoorlik uit te voer nie. ‘n Hofproses kan ook lank en uitdagend wees en is
daar nie altyd ondersteuning beskikbaar nie.
Verder is dit
ook nodig dat ondersoeke en veral hofsake gemonitor word sodat die saak nie
skipbreuk ly nie en ‘n positiewe uitkoms kan kry; sodat geliefdes en slagoffers
hierdie hoofstuk kan afsluit.
Tydens die
hofproses monitor Johan die sake; kommunikeer met die speurder(s)/
onderskoekbeamptes asook die aangewes aanklaer(s) wat die saak hanteer.
Navrae vir hulp en ondersteuning
Johan beskik oor
‘n wye netwerk regoor oor Suid Afrika en omdat hy reeds by verskeie hofsake
susksesvol betrokke was kry hy verskeie versoeke en navrae om persone te
ondersteun met hierdie proses wat mag insluit:
- Trauma berading
- Groeps ontlonting (Ontlonting
van personeel en terapie)
- Behulpsaam te wees met
ondersoeke
- Opstel van verklaring(s)
- Hof voorbereiding vir
getuienis lewering
- Hof ondersteuning
- Behulpsaam met opstel van
Slagoffer Impak verslag
- Monitering van ondersoeke
Meeste van
hierdie gevalle vind regoor Suid Afrika plaas en reis Johan landswyd om
ondersteuning te bied soos en wanneer versoek.
Johan is tans betrokke by verskeie sake regoor Suid Afrika, waarvan insluitend in verskeie provinsies soos Gauteng, Noord Wes en die Noord Kaap.