Klein Karoo Camino

JOU STORIE, JOU PAD.


Almal het 'n storie. 'n Baie spesiale storie. Stories verbind mense soos min ander dinge in die lewe.


Deur jou storie enersyds te vertel en andersyds na 'n ander se storie te luister, het bepaalde intrinsieke waarde. Studies het getoon dat storievertelling 'n waardevolle hulpmiddel vir refleksie en selfontwikkeling is. Die feit dat dit dieper begrip vir die self en die ander meebring, is die bewys hiervan.


Tydens Jou Storie, Jou Pad, verlustig ons onsself in die beeldskone landskap en geskiedenis van die Klein Karoo en die Swartberge, maar onderneem ons ook 'n reistog deur ons eie binnelandskap.

Kliek gerus op die link hieronder om oor die Klein Karoo Camino te lees of te bespreek : https://www.kleinkaroocamino.co.za/index.php/page/260

Vind meer uit oor die Klein Karoo Camino! Kliek hier.